Testimonials

 

                                                                                                                                              25 September 2014

Carty Carvenience

Carty Carvenience se eienaar,  personeel en in spesifiek Meneer Jan Labuschagne

Ons rig raag hierdie skrywe aan u om ons opregte waardering en dankbaarheid te toon.  Ons 1983 Mercedes Benz 200 is ingeskryf gewees vir die Nasionale Concours skou die naweek van die 21ste September 2014.  Dit is vir ons ‘n voorreg om julle in kennis te stel dat die voertuig nie net die W123 klas kategorie gewen het nie, maar ook die D’ETAT,  dus die beste voertuig op die skou.  Ons wil julle hiermee graag bedank vir die harde werk in voorbereiding van die voertuig toe ons dit na julle gebring het vir ‘n valet.  Sonder julle sou dit nie moontlik gewees het nie.  In besonder, ‘n spesiale dankie aan Jan Labuschagne vir sy ekstra aandag en toewyding aan die motor.

Ons sal definitief weer van julle gebruik maak en soveel moontlik mense na julle toe verwys. 

Ons heg hierby aan ‘n foto met die trofees asook die sertifikate. 

 

Vriendelike Groete

 

Louis & Carika Aucamp

 

 


 

Onlangs eers van Carty Carvenience gehoor ,

Maar ek kan getuig:  Hulle is ander ouens een voor!

Trek my ou karretjie mos toe vroeg daar in

Sodat haar skoonheidsbehandeling kan begin.

Die hele dag word sy so gepamperlang

Dat sy nie eens na haar bestuurder sou verlang!

Skoon gewas, blink gepoets -

Baie meer glansryk as Aspoestertjie se koets!

Ek gaan haal haar, sy skitter soos ‘n nuwe sikspens -

Vir beter sou sy beslis nie kon wens.

Met die inklim kan ek voél hoe sy frons:

“Moet nou net nie my prag en praal kom opdons!”

Ai, die rit huis toe voel soos ‘n droom

En ek glimlag vir al wat motoris is alte vroom.

Want CartyCarvenience het alle verwagtinge oortref

Met hul puik diens en moeite in die hoogste rev!

 

Baie dankie vir die “full valet”!  Dit was uit en uit die moeite (en afstand!) werd – sal jul enige tyd  en met die grootste vrymoedigheid aanbeveel!

Doe zo voort!

Groete

Izanda Ferreira

Sample image

Send us an email This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.  or give us a call on (012) 998 6048

Location & Contact Details

  • Cnr Delfi & Sunbird Avenue, GARSFONTEIN, Pretoria East
  • (012) 998 6048
          

  • Cell: 082 926 0883