Testimonials

Ons rig raag hierdie skrywe aan u om ons opregte waardering en dankbaarheid te toon.

Ons 1983 Mercedes Benz 200 is ingeskryf gewees vir die Nasionale Concours skou die naweek van die 21ste September 2014. Dit is vir ons ‘n voorreg om julle in kennis te stel dat die voertuig nie net die W123 klas kategorie gewen het nie, maar ook die D’ETAT, dus die beste voertuig op die skou.

Ons wil julle hiermee graag bedank vir die harde werk in voorbereiding van die voertuig toe ons dit na julle gebring het vir ‘n valet. Sonder julle sou dit nie moontlik gewees het nie.

In besonder, ‘n spesiale dankie aan Jan Labuschagne vir sy ekstra aandag en toewyding aan die motor.
Ons sal definitief weer van julle gebruik maak en soveel moontlik mense na julle toe verwys.

Louis & Carika Aucamp 28th July 2017

Onlangs eers van Carty Carvenience gehoor , Maar ek kan getuig: Hulle is ander ouens een voor!
Trek my ou karretjie mos toe vroeg daar in Sodat haar skoonheidsbehandeling kan begin.

Die hele dag word sy so gepamperlang Dat sy nie eens na haar bestuurder sou verlang!
Skoon gewas, blink gepoets - Baie meer glansryk as Aspoestertjie se koets!

Ek gaan haal haar, sy skitter soos ‘n nuwe sikspens - Vir beter sou sy beslis nie kon wens.
Met die inklim kan ek voél hoe sy frons:
“Moet nou net nie my prag en praal kom opdons!”

Ai, die rit huis toe voel soos ‘n droom En ek glimlag vir al wat motoris is alte vroom.
Want CartyCarvenience het alle verwagtinge oortref Met hul puik diens en moeite in die hoogste rev!

Baie dankie vir die “full valet”! Dit was uit en uit die moeite (en afstand!) werd – sal jul enige tyd en met die grootste vrymoedigheid aanbeveel!
Doe zo voort!

Izanda Ferreira 28th July 2017